Wednesday, 12 March 2014

Wenke om onder jou begroting te bly...

Okay so hier is 'n paar wenke wat jy kan gebruik om "under budget" te bly. Dis nie altyd die maklikste nie maar dit is defnitief doenbaar.

Met my troue het ek gesien dat mens regtig kan weg kom om minder te betaal net deur klein goedjies te doen:

* Doen dit jouself !!!! Soveel as moontlik en oefen oefen oefen tot jy gelukkig is met dit wat jy gemaak het. Onthou as iets handmade is hoef dit nie perfek te wees nie dit is immers die hele punt.

* Ek weet hierdie is nie ideaal nie en as daai verloofring eers aan jou vinger is wil mens net trou, maar strek jou verlowing uit so het jy meer tyd om geld te spaar.

* Besluit wat is die belangrikste goedjies vir jou troue en wat is minder belangrik. Spandeer sodoende meer geld op dit wat belangrik is en minder geld om die ander.

* Re-purpose , bedoelende gebruik jou ouma se mooi mandjies of jou ma se kershouers wat sy al met die jare bymekaar maak, alles hoef nie te pas nie dis baie in die mode en dis Vintage.
Ek het my oupa en ouma se boeke as tafel dekor gebruik, my ouma se handsak, ek is ook super bevooreg om my ouma se trou ring te ge-erf het. Ek het ook op my hoof tafel twee van my ma se kandelare gehad wat al vir so lank op hul eetkamer tafel staan en sulke goed is so spesiaal, veral as mense agter kom en se hoe oulik dit is.

* Gebruik jou trou koek as poeding, dis glad nie meer snaaks nie ek het al baie troues bygewoon wat dit gedoen het. Of gebruik chocolate fondue dit sny ook jou kostes aansienlik.

* Vra jou venue of jy jou eie wyn of sjampanje kan inbring, selfs met die kurk fooi kan jy soms goedkoper weg kom as dit wat jou venue bedien.

* Doen jou blomme self , kry mense in jou familie wat kreatief is en speel rond voor die troue gaan dan 'n paar maande voor die troue blommemark toe bestel solank blomme. 

* Hou die blomme in die kerk minimaal of maak blomme van koerantpapier of ou boeke met perels, ens.

* Gebruik altenatiewe konfetti soos pop corn, rys, blare. Ek get voeltjie saad gebruik met die hoef ons nie skoon te gemaak het nie die voeltjies het dit sommer vir ons gedoen.

* Soek mooi vir 'n rok dit hoef nie duur te wees nie, gaan kyk gerus na Chiqwawa Wedding Dresses se rokke hulle het 'n vreeslike mooi vintage reeks en hulle custom make ook rokke as jy 'n prentjie of idee het.

* Maak jou eie uitnodigings dis so maklik en baie persoonlik mense kan die omgee en liefde sien in elke kaartjie wat jy self maak en op skryf.

* Inplaas van individuele spyskaarte skryf dit op een groot swart bord en sit dit buite waar die mense gaan wag terwyl julle foto's neem.

* Kies iemand betroubaar om vir jou 'n video te neem van die kerk en belagrike verigtinge as jy nie 'n video graaf kan bekostig nie. Dit bly steeds baie spesiaal.

* Die wittebrood, mens hoef nie oorsee te gaan nie en moet nie druk op julself sit omdat vriende en ander paartjies dit kon doen nie. Ons land het soveel asemrowende plekkies wat jy kan besoek, die wildtuin, die wynroete en nog vele meer.

* Destination weddings, vat jul ouers , boeties, sussies en naaste vriende en gaan na 'n strand toe almal moet self betaal om daar te kom reel met 'n dominie of pastoor in die area en pak lekker picnic mandjies. Jul kan altyd later as daar meer geld beskikbaar is 'n onthaal hou vir almal of self net 'n groot braai of spit.

Ek hoop hierdie wenke sal julle kan help, dit het my defnitief gehelp.

Liefde

Vintage Bruidjie xxx

No comments:

Post a Comment