Monday, 26 May 2014

Bunting .....

Vandag gesels ek oor een van my gunsteling dekor items, en dit is bunting.

Of dit nou vir jou troue, verjaarsdag partytjie, ooievaarstee, slaapkamer of babakamer is niks helder dit op soos mooi bunting nie.

As jy vir jou troue bunting gebruik hou vol met die tema, trek dit dan reg deur van buite tot in die kerk en onthaal om dit mooi te laat vloei.
Mens kan wraggies bold gaan met die kleure sonder om bang te wees, dit maak 'n mooi statement in enige omgewing.

Vir die wat bang is om te groot te gaan meng jou materiale gebruik 'n wilde patroon met een of meer neutrale materiale om dinge rustig te hou.
As jy meer avontuurlustig is meng 'n klomp verskillende patrone en kleure, moenie bang wees nie want daar is geen reels net jou verbeelding.

Skryf mooi woorde op jou bunting uit, name of pas getroud, 'n se ding wat na aan jou hart is of prentjies. Jy hoef nie die streep te trek by materiaal nie gebruik papier, linte en selfs botteltjies wat aan linte of kant hang.

Bunting hoef nie net vir spesiale geleenthede gebruik te word nie dit is so mooi in babakamers en selfs bo jou eie bed, voor 'n venster en teen 'n groot spieel. Mix it up en beeld jou persoonlikheid op die fun manier uit. Daar is min dinge wat my dag so kan ophelder soos mooi kleurvolle bunting.

Ek plaas twee kategoriee met foto's hier onder , die een is bunting gemaak deur Vintage Bruidjie en die ander is idees wat ek op die internet gevind het.

Geniet dit !!
Bunting deur Vintage Bruidjie















Ander bunting idees :












Liefde

Vintage Bruidjie xxx




Wednesday, 12 March 2014

Wenke om onder jou begroting te bly...

Okay so hier is 'n paar wenke wat jy kan gebruik om "under budget" te bly. Dis nie altyd die maklikste nie maar dit is defnitief doenbaar.

Met my troue het ek gesien dat mens regtig kan weg kom om minder te betaal net deur klein goedjies te doen:

* Doen dit jouself !!!! Soveel as moontlik en oefen oefen oefen tot jy gelukkig is met dit wat jy gemaak het. Onthou as iets handmade is hoef dit nie perfek te wees nie dit is immers die hele punt.

* Ek weet hierdie is nie ideaal nie en as daai verloofring eers aan jou vinger is wil mens net trou, maar strek jou verlowing uit so het jy meer tyd om geld te spaar.

* Besluit wat is die belangrikste goedjies vir jou troue en wat is minder belangrik. Spandeer sodoende meer geld op dit wat belangrik is en minder geld om die ander.

* Re-purpose , bedoelende gebruik jou ouma se mooi mandjies of jou ma se kershouers wat sy al met die jare bymekaar maak, alles hoef nie te pas nie dis baie in die mode en dis Vintage.
Ek het my oupa en ouma se boeke as tafel dekor gebruik, my ouma se handsak, ek is ook super bevooreg om my ouma se trou ring te ge-erf het. Ek het ook op my hoof tafel twee van my ma se kandelare gehad wat al vir so lank op hul eetkamer tafel staan en sulke goed is so spesiaal, veral as mense agter kom en se hoe oulik dit is.

* Gebruik jou trou koek as poeding, dis glad nie meer snaaks nie ek het al baie troues bygewoon wat dit gedoen het. Of gebruik chocolate fondue dit sny ook jou kostes aansienlik.

* Vra jou venue of jy jou eie wyn of sjampanje kan inbring, selfs met die kurk fooi kan jy soms goedkoper weg kom as dit wat jou venue bedien.

* Doen jou blomme self , kry mense in jou familie wat kreatief is en speel rond voor die troue gaan dan 'n paar maande voor die troue blommemark toe bestel solank blomme. 

* Hou die blomme in die kerk minimaal of maak blomme van koerantpapier of ou boeke met perels, ens.

* Gebruik altenatiewe konfetti soos pop corn, rys, blare. Ek get voeltjie saad gebruik met die hoef ons nie skoon te gemaak het nie die voeltjies het dit sommer vir ons gedoen.

* Soek mooi vir 'n rok dit hoef nie duur te wees nie, gaan kyk gerus na Chiqwawa Wedding Dresses se rokke hulle het 'n vreeslike mooi vintage reeks en hulle custom make ook rokke as jy 'n prentjie of idee het.

* Maak jou eie uitnodigings dis so maklik en baie persoonlik mense kan die omgee en liefde sien in elke kaartjie wat jy self maak en op skryf.

* Inplaas van individuele spyskaarte skryf dit op een groot swart bord en sit dit buite waar die mense gaan wag terwyl julle foto's neem.

* Kies iemand betroubaar om vir jou 'n video te neem van die kerk en belagrike verigtinge as jy nie 'n video graaf kan bekostig nie. Dit bly steeds baie spesiaal.

* Die wittebrood, mens hoef nie oorsee te gaan nie en moet nie druk op julself sit omdat vriende en ander paartjies dit kon doen nie. Ons land het soveel asemrowende plekkies wat jy kan besoek, die wildtuin, die wynroete en nog vele meer.

* Destination weddings, vat jul ouers , boeties, sussies en naaste vriende en gaan na 'n strand toe almal moet self betaal om daar te kom reel met 'n dominie of pastoor in die area en pak lekker picnic mandjies. Jul kan altyd later as daar meer geld beskikbaar is 'n onthaal hou vir almal of self net 'n groot braai of spit.

Ek hoop hierdie wenke sal julle kan help, dit het my defnitief gehelp.

Liefde

Vintage Bruidjie xxx

Wednesday, 26 February 2014

Antiques...

So vandag was ek in my "super happy place" ons het antique shopping gedoen.

Ek het die mooiste ou goed gesien, het soveel  idees en plekkies vir alles. Plus soveel idees om antiques te gebruik as deel van jou trou dekor. 'n Bonus is dat jy na jou troue  dit kan gebruik as huis of tuin dekor.

Dis so lekker om deur 'n antiques winkel te loop en goed van jou kinder dae te erken, het skoon nader aan my ouma en oupa gevoel. My man het op ou fliek posters afgekom wat dateer uit die 70's en dit is die oorspronklikes. Dan begin ek nog nie eers praat van die tee stelle, boeke, tafels, stoele en botteltjies nie.

Ek het natuurlik die mooiste tikmasjiene gesien en ou Singer naaldwerk masjiene, dit kan mens gebruik as trou dekor op tafels of by jou welkom drankies op 'n ou draad tuin stel.

Jou moontlikehede is uindeloos met vintage dekor, die geheim is net om mooi te soek en dadelik te koop as jy iets gevind het waarvan jy hou. Hierdie tipe dekor is baie popular en verkoop bitter vinnig.

Hou Vintage Bruidjie se website dop, my droom is om eendag al die groot antieke items uit te verhuur vir troues.

Ek is die naweek by die bruidskou, hoop ek sien jou daar !


Liefde

Vintage Bruidjie xxx


Tuesday, 28 January 2014

My obsessie van die week ...

Almal weet teen die tyd dat ek mal is oor enige iets vintage. Die liefde het al begin van klein tyd af, dit was vir my altyd so lekker om met my ouma se antieke tee stelle te speel en myself in daardie era in te dink. Dan was daar die ou foto's met die amazing haarstyle, die rooi lipstiffie en die klassieke styl klere wat hulle gedra het. Daar was ook die plate wat my vreeslik gefasineer het, my ouma het vir my noddy en so aan gespeel en elke nou en dan musiek wat sy van gehou het (dit het ek ook natuurlik meer geniet). 

So het my liefde vir vintage goed net meer en meer geword met die tyd, my ouers het ook 'n groot bydra tot die liefde hul huis is gevul met antieke meubels en dekor.

Ek deel met julle 'n paar dekor idees wat ek raak gesien het op pinterest ens, mag dit vir jou 'n inspirasie wees as jy 'n vintage troue beplan.

Geniet dit !










En dan het ek my gunsteling een vir laaste gelos.


Lekker week vir almal.

Liefde
Vintage Bruidjie xxx

Thursday, 23 January 2014

Kies die perfekte rok vir jou lyf ....

Watter shape is jy ?

Die algemeenste shapes wat jy kry is die hourglass, tall and thin, petite, apple, pear en full figure. Jy kry dan ook die inverted triangle en rectangle.
Ek sit 'n prentjie by wat 'n paar tipes shapes as voorbeeld in het.






Verskillende soorte rokke ?

Die algemeenste rok tipes is die mermaid, trumpet, A- lyn, sheath, ball gown en die empire waist. Daar is dan ook variasies en vir die wat meer uniek wil wees kan jy vir 'n tea length of mini gaan.




Watter styl pas by jou lyf ?

Volgens verskeie berugte, tydskrifte en persoonlike ervaring is die saamgestel d.w.s dat dit nie 'n moet is nie. 
Hourglass - mermaid, trumpet, a-line, sheath
Tall and thin - mermaid, trumpet, sheath, ball gown
Petite - sheath, a- line, empire waist
Apple - a-line, ball gown, empire waist
Pear - a-line, ball gown, empire waist
Full figure - a-line, empire waist



Jou rok moet nie net jou lyf bou pas nie maar jou persoonlikheid en tema ook, jou opsies is never ending.

Liefde 

Vintage Bruidjie xxx




Sunday, 12 January 2014

Trou rok shopping wenke :

Ek sien gereeld bruide wat shop vir hul droom rok en 'n negatiewe ervaring beleef. Hier onder gaan net 'n paar wenke gee wat die ervaring makliker kan maak.


  • Doen jou huiswerk vooraf, kyk na rok idees in tydskrifte en op die internet, maar onthou om met 'n oop kop in jou fittings in te gaan. Jy mag dalk net verlief raak op iets heeltemal anders ( dit gebeur vreeslik baie).
  • Iets wat baie belangrik is !! Kies jou entourage mooi, baie mense beteken BAIE opinies. Dit kan jou gevoelens seer maak en jou besluit beinvloed, jy mag dalk net jou tannie se vriendin se sussie se gunstelling rok kies in plaas van jou droom rok. Jy wil he mense moet eerlik wees oor hoe jy lyk maar hulle moet jou styl en persoonlikheid in ag neem.
  • Moet nie druk op jouself plaas om daai huil oomblik te ervaar nie, van ons (soos ek) kan dit net nie doen nie. Maar jy moet tog 100 % weet dat dit is jou rok, gewoonlik as jy die rok gladnie wil uit trek nie en effens dans is dit die een.
  • Kies 'n rok waarin jy gemaklik voel, hou ingedagte dat jy moet kan sit, loop, dans en selfs spring in jou rok. In dieselfde asem bly die gesegde ook maar waar, its painful to be beautiful.
  • Moet jouself nie starve en oor 'n mik oefen net vir 'n rok nie, jou verloofde het jou gevra om te trou  soos jy nou lyk vir hom is jy die stunningste meisie op aarde. Jou gaste en amper man moet jou erken op jou groot dag.
  • Kies jou droom rok in die kleur waarvan jy hou, onthou ook dat dit jou vel en haarkleur moet komplimenteer.
  • As jy bv jou hare gaan los dra op jou trou dag, dra dit los as jy na jou fittings toe gaan net om die idee te kry. Dit help ook om die regte hoogte skoene saam met jou te vat.
  • Laastens op 'n meer persoonlike vlak dra die regte onderklere. Dit sal jou, die konsultant en jou entourage gemakliker laat voel.
Hoop hierdie wenke sal handig wees vir 'n paar bruide asook die familie en vriendinne van die bruid.

Ps. Onthou om elke oomblik te geniet dit is 'n wonderlike ervaring !!


Hierdie was my trou rok.
Rok deur: Chiqwawa wedding dresses
Foto deur: Cha-Phil photography
Plek: Olive Mystery

Liefde 
Vintage Bruidjie xxx


Tuesday, 7 January 2014

My eerste blog ...

Welkom by my blog, ek is super opgewonde om te begin het soveel goed om te deel.
By die introduction het ek 'n klein bietjie vertel waaroor die blog gaan en hoekom ek dit begin het. Ons is so paar maande gelede getroud en dit was defnitief die lekkerste dag ooit, die tema was natuurlik vintage plaas troue met pastel kleure, hessian, botteltjies, bunting en cup cakes. 
Ek en my ma het vir maande hard gewerk om alles perfek te maak en dit was beslis die moeite werd gewees, die eindproduk was stunning.



Ek is ook besig om my eie besigheid op die been te kry so watch this space vir Vintage Bruidjie Ontwerp, hier gaan ek allerhande trou en partytjie dekor maak. 

Lekker week vir almal.

Liefde
Vintage bruidjie xxx