Monday, 26 May 2014

Bunting .....

Vandag gesels ek oor een van my gunsteling dekor items, en dit is bunting.

Of dit nou vir jou troue, verjaarsdag partytjie, ooievaarstee, slaapkamer of babakamer is niks helder dit op soos mooi bunting nie.

As jy vir jou troue bunting gebruik hou vol met die tema, trek dit dan reg deur van buite tot in die kerk en onthaal om dit mooi te laat vloei.
Mens kan wraggies bold gaan met die kleure sonder om bang te wees, dit maak 'n mooi statement in enige omgewing.

Vir die wat bang is om te groot te gaan meng jou materiale gebruik 'n wilde patroon met een of meer neutrale materiale om dinge rustig te hou.
As jy meer avontuurlustig is meng 'n klomp verskillende patrone en kleure, moenie bang wees nie want daar is geen reels net jou verbeelding.

Skryf mooi woorde op jou bunting uit, name of pas getroud, 'n se ding wat na aan jou hart is of prentjies. Jy hoef nie die streep te trek by materiaal nie gebruik papier, linte en selfs botteltjies wat aan linte of kant hang.

Bunting hoef nie net vir spesiale geleenthede gebruik te word nie dit is so mooi in babakamers en selfs bo jou eie bed, voor 'n venster en teen 'n groot spieel. Mix it up en beeld jou persoonlikheid op die fun manier uit. Daar is min dinge wat my dag so kan ophelder soos mooi kleurvolle bunting.

Ek plaas twee kategoriee met foto's hier onder , die een is bunting gemaak deur Vintage Bruidjie en die ander is idees wat ek op die internet gevind het.

Geniet dit !!
Bunting deur Vintage Bruidjie















Ander bunting idees :












Liefde

Vintage Bruidjie xxx