Tuesday, 28 January 2014

My obsessie van die week ...

Almal weet teen die tyd dat ek mal is oor enige iets vintage. Die liefde het al begin van klein tyd af, dit was vir my altyd so lekker om met my ouma se antieke tee stelle te speel en myself in daardie era in te dink. Dan was daar die ou foto's met die amazing haarstyle, die rooi lipstiffie en die klassieke styl klere wat hulle gedra het. Daar was ook die plate wat my vreeslik gefasineer het, my ouma het vir my noddy en so aan gespeel en elke nou en dan musiek wat sy van gehou het (dit het ek ook natuurlik meer geniet). 

So het my liefde vir vintage goed net meer en meer geword met die tyd, my ouers het ook 'n groot bydra tot die liefde hul huis is gevul met antieke meubels en dekor.

Ek deel met julle 'n paar dekor idees wat ek raak gesien het op pinterest ens, mag dit vir jou 'n inspirasie wees as jy 'n vintage troue beplan.

Geniet dit !










En dan het ek my gunsteling een vir laaste gelos.


Lekker week vir almal.

Liefde
Vintage Bruidjie xxx

Thursday, 23 January 2014

Kies die perfekte rok vir jou lyf ....

Watter shape is jy ?

Die algemeenste shapes wat jy kry is die hourglass, tall and thin, petite, apple, pear en full figure. Jy kry dan ook die inverted triangle en rectangle.
Ek sit 'n prentjie by wat 'n paar tipes shapes as voorbeeld in het.






Verskillende soorte rokke ?

Die algemeenste rok tipes is die mermaid, trumpet, A- lyn, sheath, ball gown en die empire waist. Daar is dan ook variasies en vir die wat meer uniek wil wees kan jy vir 'n tea length of mini gaan.




Watter styl pas by jou lyf ?

Volgens verskeie berugte, tydskrifte en persoonlike ervaring is die saamgestel d.w.s dat dit nie 'n moet is nie. 
Hourglass - mermaid, trumpet, a-line, sheath
Tall and thin - mermaid, trumpet, sheath, ball gown
Petite - sheath, a- line, empire waist
Apple - a-line, ball gown, empire waist
Pear - a-line, ball gown, empire waist
Full figure - a-line, empire waist



Jou rok moet nie net jou lyf bou pas nie maar jou persoonlikheid en tema ook, jou opsies is never ending.

Liefde 

Vintage Bruidjie xxx




Sunday, 12 January 2014

Trou rok shopping wenke :

Ek sien gereeld bruide wat shop vir hul droom rok en 'n negatiewe ervaring beleef. Hier onder gaan net 'n paar wenke gee wat die ervaring makliker kan maak.


  • Doen jou huiswerk vooraf, kyk na rok idees in tydskrifte en op die internet, maar onthou om met 'n oop kop in jou fittings in te gaan. Jy mag dalk net verlief raak op iets heeltemal anders ( dit gebeur vreeslik baie).
  • Iets wat baie belangrik is !! Kies jou entourage mooi, baie mense beteken BAIE opinies. Dit kan jou gevoelens seer maak en jou besluit beinvloed, jy mag dalk net jou tannie se vriendin se sussie se gunstelling rok kies in plaas van jou droom rok. Jy wil he mense moet eerlik wees oor hoe jy lyk maar hulle moet jou styl en persoonlikheid in ag neem.
  • Moet nie druk op jouself plaas om daai huil oomblik te ervaar nie, van ons (soos ek) kan dit net nie doen nie. Maar jy moet tog 100 % weet dat dit is jou rok, gewoonlik as jy die rok gladnie wil uit trek nie en effens dans is dit die een.
  • Kies 'n rok waarin jy gemaklik voel, hou ingedagte dat jy moet kan sit, loop, dans en selfs spring in jou rok. In dieselfde asem bly die gesegde ook maar waar, its painful to be beautiful.
  • Moet jouself nie starve en oor 'n mik oefen net vir 'n rok nie, jou verloofde het jou gevra om te trou  soos jy nou lyk vir hom is jy die stunningste meisie op aarde. Jou gaste en amper man moet jou erken op jou groot dag.
  • Kies jou droom rok in die kleur waarvan jy hou, onthou ook dat dit jou vel en haarkleur moet komplimenteer.
  • As jy bv jou hare gaan los dra op jou trou dag, dra dit los as jy na jou fittings toe gaan net om die idee te kry. Dit help ook om die regte hoogte skoene saam met jou te vat.
  • Laastens op 'n meer persoonlike vlak dra die regte onderklere. Dit sal jou, die konsultant en jou entourage gemakliker laat voel.
Hoop hierdie wenke sal handig wees vir 'n paar bruide asook die familie en vriendinne van die bruid.

Ps. Onthou om elke oomblik te geniet dit is 'n wonderlike ervaring !!


Hierdie was my trou rok.
Rok deur: Chiqwawa wedding dresses
Foto deur: Cha-Phil photography
Plek: Olive Mystery

Liefde 
Vintage Bruidjie xxx


Tuesday, 7 January 2014

My eerste blog ...

Welkom by my blog, ek is super opgewonde om te begin het soveel goed om te deel.
By die introduction het ek 'n klein bietjie vertel waaroor die blog gaan en hoekom ek dit begin het. Ons is so paar maande gelede getroud en dit was defnitief die lekkerste dag ooit, die tema was natuurlik vintage plaas troue met pastel kleure, hessian, botteltjies, bunting en cup cakes. 
Ek en my ma het vir maande hard gewerk om alles perfek te maak en dit was beslis die moeite werd gewees, die eindproduk was stunning.



Ek is ook besig om my eie besigheid op die been te kry so watch this space vir Vintage Bruidjie Ontwerp, hier gaan ek allerhande trou en partytjie dekor maak. 

Lekker week vir almal.

Liefde
Vintage bruidjie xxx